Jan Van Riebeeck High School

thumb_up 2130 likes
rate_review 10 Reviews
favorite 72 favorites
129 Kloofstr
8001 Tamboerskloof, Suid-Afrika
phone
Click to show phone
Request for information

Jan Van Riebeeck High School Company Information

General information

Anders as soveel ander skole, is die ontstaan van Hoërskool Jan van Riebeeck te danke aan 'n volkstryd - 'n taalstryd geveg deur die Afrikaanssprekende volksleiers aan die begin van die twintigste eeu.

Met die oorname van die Kaap deur die Engelse in die begin van die negentiende eeu, het daar in ons land 'n kultuur en taalstryd ontstaan wat ook in die onderwys weerspieël is, die stryd van die Afrikaner om behoud van sy eie taal in sy eie skool.

Die gevolge van orde 11 van 1912 (beginsel van moedertaalmedium is voorwaardelik aanvaar en C.J. Langenhoven se aandeel om Hollands met Afrikaans te vervang as voertaal in laerskole het die weg gebaan tot die ontstaan van die Hoërskool Jan van Riebeeck. In 1925 het die parlement Afrikaans as tweede amptelike landstaal aanvaar. In 1921 is Laerskool Jan van Riebeeck gestig met Afrikaans as voertaal en vyf jaar later is die Hoërskool Jan van Riebeeck onder voorsitterskap van dr. D.F. Malan op 6 Mei 1926 gestig.

Vandag analiseer die Hoërskool Jan van Riebeeck jaarliks die veranderende behoeftes van die ouers en leerders om handskoenpas-oplossings vir elke opvoedkundige behoefte te bied.

Omdat ouers ons grootste vennote en leerders ons grootste bate is, strewe ons elke jaar om jou beste vennoot in onderrig en opvoeding te wees, om jou te inspireer tot hoogtes wat jou verbeelding sal aangryp en jou entoesiasties en doelgerig te laat uitsien na die res van jou lewe.

Hierdie uitnemende tradisionele Afrikaanse skool is bekend en ryk aan sy besonderse akademiese standaarde en prestasies, diversiteit en volgehoue prestasie in kultuurverenigings asook sportfasiliteite met geen gelyke wat ‘n ongekende verskeidenheid van sportsoorte onder leerders ontwikkel.

Nasorg fasiliteite word geskoei op akademiese stimulasie en verryking, asook stylvolle en goedgebalanseerde opgegradeerde koshuise teen die hange van Leeukop en in die nek van Tafelberg maak nog meer geleenthede moontlik vir jong dinamiese Jan van Riebeeckers.

Dit is ook hier waar elke leerder daagliks deel in Afrikaanse en Suid-Afrikaanse erfenis soos Die Welgemeend kultuursentrum (oudwoning van Jan Hendrik Hofmeyer) en die Boerneef versameling.

Met sy leuse, “Wees uself” is dit die skool wat ‘n gebalanseerde uitkyk op sosiale ontwikkeling nastreef deur die erkenning, stimulering en uitbouing van elke individu se talente, passies en drome.

129 Kloofstr Tamboerskloof

Opening hours
Parking
The company has a parking lot.
Phone number
+27214236347
Linki
Social Accounts

Jan Van Riebeeck High School Reviews & Ratings

How do you rate this company?

Are you the owner of this company? If so, do not lose the opportunity to update your company's profile, add products, offers and higher position in search engines.

A similiar page for your business? Make sure everyone can find you and your offer. Create your dedicated company page on Yoys - it's simply and easy!
Add your company