Solidariteit helpende hand skenkingstoor

thumb_up 65377 likes
Old RAILROAD CENTRE
0157 Pretoria, Suid-Afrika
phone
Click to show phone

Solidariteit helpende hand skenkingstoor Company Information

General information

Welkom by Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Solidariteit Helpende Hand is 'n nie-winsgewende organisasie wat fokus om Afrikaner-armoede te verlig, voorkom en verbreek deur verskeie projekte van kinders tot bejaardes.

Jy is welkom om jou opinie te lig, maar indien jy krutaal of rassistiese uitlatings maak, sal jy verban word.

Helpende Hand glo in opheffing deur opleiding en poog om armoede reeds op die vroegste stadium aan te spreek en so die siklus te verbreek.

Individue kan betrokke raak by Helpende Hand as vrywilligers by jou naaste plaaslike tak of as maandelikse ondersteuners. Besoek gerus ons webwerf vir meer inligting.

www.helpendehand.co.za

Solidariteit Helpende Hand kan egter ongelukkig nie aan die volgende behoeftes voldoen nie:

Statutêre Dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om statutêre maatskaplike dienste te kan lewer nie. Statutêre dienste behels die volgende:
• beveiliging van kinders,
• opening en afhandeling van kinderhofverrigtinge,
• pleegsorgkeuring- en plasing,
• aanneming en
• enige ander maatskaplike dienslewering waarvoor ‘n hofbevel bekom moet word.

Die maatskaplike werker is egter bevoeg om in bogenoemde gevalle raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse te verskaf en ook na die korrekte instansie te verwys. Inligting ten opsigte van die nuwe Kinderwet, Wet no. 38 van 2005 kan ook verskaf word.
Geregistreerde welsynsorganisasies soos die Christelike Maatskaplike Raad, Suid-Afrikaanse Vroue Federasie, Ondersteuningsraad en Kindersorg is voorbeelde van organisasies wat wel statutêre magte het.

Finansiële nood en materiële hulp:
Helpende Hand is ʼn nie-winsgewende organisasie en is dus nie in die posisie om finansiële hulp te bied nie. Die maatskaplike werker beskik ook nie oor materiële middels soos kospakkies en meubels om uit te deel nie. Waar moontlik sal ʼn persoon na ʼn sopkombuis of skenkingskantoor verwys kan word.

Mediese gevalle:
Finansiële ondersteuning met betrekking tot mediese hulp val buite die fokus van Helpende Hand en kan daar nie finansiële bydraes tot mediese ongeskiktheid gemaak word nie.

Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie en kan ook nie verbandskostes, huurgeld of elektrisiteitsrekeninge vereffen nie.
Daar kan hoogstens ʼn lys van skuilings verskaf word, maar Helpende Hand aanvaar geen verantwoordelikheid vir die bestuur daarvan nie en rus die onus op die betrokke persoon om self die betrokke skuilings te kontak.

Begrafnisse:
Helpende Hand finansier nie enige begrafnisse nie – Behoeftige gevalle kan by die plaaslike Munisipaliteit aangemeld word.

Borgskap vir sport:
Helpende Hand is ʼn nie-winsgewende organisasie en kan nie as borg vir ʼn sport optree nie.

Old RAILROAD CENTRE Pretoria

Opening hours
Maandag:
08:00 - 17:00
Dinsdag:
08:00 - 17:00
Woensdag:
08:00 - 17:00
Donderdag:
08:00 - 17:00
Vrydag:
08:00 - 17:00
Saterdag:
09:00 - 13:00
Parking
The company has a parking lot.
Phone number
+27126440162
Linki
Social Accounts

Solidariteit helpende hand skenkingstoor Reviews & Ratings

How do you rate this company?

Are you the owner of this company? If so, do not lose the opportunity to update your company's profile, add products, offers and higher position in search engines.

A similiar page for your business? Make sure everyone can find you and your offer. Create your dedicated company page on Yoys - it's simply and easy!
Add your company