Grobbelaars Funeral Services

thumb_up 1031 likes
rate_review 2 Reviews
favorite 4 favorites
63 Union Street
0186 Pretoria, Suid-Afrika
phone
Click to show phone
Request for information

Grobbelaars Funeral Services Company Information

General information

Welkom by Grobbelaars Finansiële Dienste.

Grobbelaars Begrafnisdienste het ontstaan uit die samesmelting van twee van Pretoria se mees prominente begrafnisondernemers, naamlik Rentmeester Grobbelaars en Kerkstraat Begrafnisse in 2005. Die samesmelting het tot gevolg dat die kundigheid en ondervinding tot voordeel van ons kliënte is.

Beide firmas se geskiedenis dateer terug na laat 1800 en vroeë 1900. Die Grobbelaar naam is goed bekend in die begrafnisindustrie, terwyl WH Rogers in 1898 die eerste begrafnisondernemer in Pretoria was. Op 6 September 2011 is die logo en naam Grobbelaars Begrafnisondernemers geregistreer as `n handelsmerk.

Gedurende September 2006, het `n geleentheid in die mark hom voorgedoen om toe te treë tot die bemarking van begrafnisprodukte en wel op dieselfde etiese en korporatiewe beginsels wat alreeds toegepas word by die begrafnisdivisie. Op 25 Augustus 2007, het Grobbelaars & Church Street Makelaars sy FSP lisensie by die Raad op Finansiële Dienste verkry. Hierdie produkte sluit in individuele polisse, asook vrywillige en verpligte skemas.

In Maart 2013, het die maatskappy sy nuwe kantore betrek langs Grobbelaars Begrafnisdienste en ‘n naamsverandering het plaasgevind in April 2013. Die naam het verander na Grobbelaars Finansiële Dienste Edms.Bpk.

Hoekom die eekhoring?

Die eekhoring in ons embleem is simbolies van die ywer en insig waarmee hierdie diertjie vroegtydig voorsorg tref deur onder andere neute vir die swaar wintermaande bymekaar te maak.

Ons lewens is eweneens gekenmerk deur die kringloop van ouderdomseisoene wat gepaard gaan met allerlei risiko’s en gevare. Ongelukkig weet niemand wanneer die grouste winterdag sal aanbreek nie. Daarom moet ons voorsiening maak vir die wintermaande van ons lewens, net soos die eekhoring. Maak dus seker u bevind uself nie in ‘n situasie waar daar nie die nodige finansiële voorsorg gemaak is nie.

Grobbelaars Finansiële Dienste spesialiseer uitsluitlik in begrafnispolisse vir individue, verpligte- en vrywillige skemas vir maatskappye, kerke en enige ander organisasies. Vir volkome gemoedsrus kontak Grobbelaars Finansiële Dienste onmiddelik en verkry die beste direkte finansiële voordeel van ‘n Grobbelaarspolis met die afsterwe van ‘n geliefde.

Persoonlike en professionele diens in U eie taal.

Begrafnis polisse wat jy kan vertrou.

ONS IS VERBIND OM OMVATTENDE BEGRAFNIS VERSEKERINGSPRODUKTE EN DIENSTE AAN ONS KLIENTE TE VOORSIEN MET PROFESSIONALITEIT, INTEGRITEIT EN DEERNIS.

63 Union Street Pretoria

Opening hours
Maandag:
08:00 - 16:30
Dinsdag:
08:00 - 16:30
Woensdag:
08:00 - 16:30
Donderdag:
08:00 - 16:30
Vrydag:
08:00 - 16:30
Parking
The company has a parking lot.
Phone number
+27123293682
Linki
Social Accounts

Grobbelaars Funeral Services Reviews & Ratings

How do you rate this company?

Are you the owner of this company? If so, do not lose the opportunity to update your company's profile, add products, offers and higher position in search engines.

A similiar page for your business? Make sure everyone can find you and your offer. Create your dedicated company page on Yoys - it's simply and easy!
Add your company